News article
  >  News  >  Article

Netwerk24 and Volksblad: Gap filled just in time for Free State artists
11 August 2016

Netwerk24 and Volksblad: Gap filled just in time for Free State artists

The Phatshoane Henney New Breed Art Competition for upcoming artists in the Free State could not have arrived at a better time, writes Elretha Britz in Volksblad and on Netwerk24. It now compensates for the void left by Barclays L’Atelier cancelling all regional rounds outside of Cape Town and Johannesburg.

Die New Breed-kunskompetisie wat vanjaar deur die prokureursfirma Phatshoane Henney vir opkomende kunstenaars in die Vrystaat ingestel is, kon nie op ’n beter tyd gekom het nie.

Dit vergoed vir die gevoelige slag wat talentvolle kunstenaars van die sentrale binneland toegedien is toe Barclays L’Atelier vanjaar alle streekuitdunne buiten dié in Kaapstad en Johannesburg gestaak het. Dié kompetisie sluit nou verskeie Afrikalande in.

Plaaslike kunstenaars sê hulle sien nie kans vir die uitgawe en risiko om hul kunswerke Johannesburg toe te stuur of te neem nie, daarom dat hulle die New Breed-kompetisie verwelkom.

Die groot getal jong kunstenaars wat aangedui het hulle gaan inskryf en ’n versigtige opgewondenheid oor die vooruitsig om dalk die wengeld in hul sak te steek bevestig die behoefte aan ’n kunskompetisie vir die Vrystaat.

Ester le Roux, kurator van die Oliewenhuis-kunsmuseum wat die kompetisie in samewerking met Phatshoane Henney hanteer, sê “ons is werklik opgewonde oor die geleentheid omdat dit spesifiek die Vrystaat se kunstenaars ’n kans gee om hul loopbaan te bevorder”.

’n Steekproef by instansies wat kunsonderrig gee, het getoon ’n wye verskeidenheid van genres gaan ingeskryf word. Uit die kunsdepartement van die Universiteit van die Vrystaat (UV) word skilderkuns, fotografie, beeldhou en sifdruk verwag.

Minstens 15 inskrywings sal van Motheo-kollege in Bloemfontein ingedien word, wat beeldhouwerk, skilder, tekeninge en keramiekkuns insluit.

Ook die kunsdepartement aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) het aangedui inskrywings kan van hul studente én dosente verwag word.

Hoewel die kompetisie vir “opkomende kunstenaars ouer as 18” is, kwalifiseer enige kunstenaar “wat nog nie ’n solouitstalling met meer as 20 werke in ’n kommersiële galery gehou het nie”. Heelparty dosente aan dié onderriginstansies gaan dus ook inskryf.

Inligting oor die kompetisie het duidelik ook afgeleë dorpe bereik vanwaar werke verwag word, soos uit die geledere van die talentvolle houtkerwers wie se beelde reeds gereed staan.

Belangrike datums

  • Alle inskrywings moet tussen 5 en 11 September by Oliewenhuis ingedien word.
  • Werke wat hieruit gekeur word, sal van 20 Oktober tot 27 November in Oliewenhuis en op die webwerf www.phinc.co.za/art uitgestal word.
  • ’n Onafhanklike beoordelaarspaneel sal die wenners uit die uitgestalde werke aanwys en op 17 November bekend maak.

Pryse

  • Die algehele wenner ontvang R50 000, die naaswenner R20 000, en twee merietewenners R10 000 elk.
  • Nog ’n prys van R10 000 sal gaan aan die kunstenaar wie se werk die publiek as topkeuse op die webwerf aandui.

Blootstelling

 Die wenwerke en ook ’n hand vol van die beste werke sal blootstelling kry in Phatshoa­ne Henney se almanak van 2017 wat aan topkliënte versprei word, en in sy nuusbrief wat aan korporatiewe instansies en regerings­kliënte­ oor die land heen gestuur word. Dit sal ook minstens ’n jaar lank die mure van die firma se hoofkantoor in Bloemfontein versier.

  • Nie meer as twee werke per kunstenaar word toegelaat nie. Die enigste mediums wat uitgesluit word, is oudio-visueel, installasie- en performance-kuns. Meer inligting oor deelname­reëls­ verskyn op die webwerf www.phinc.co.za/art. Navrae kan ook gerig word aan Magdel Louw by 051-400-4085 of magdel@phinc.co.za.

Related

  • Recent
  • Popular
  • Tag