News article
  >  News  >  Article

What winning the Phatshoane Henney New Breed Art Competition could mean for artists
11 June 2017

What winning the Phatshoane Henney New Breed Art Competition could mean for artists

As they have personally told Netwerk24, last year's five winners have - amongst others - gained 'commissions for art works, higher regard in the public eye and personal inspiration' from winning the 2016 Phatshoane Henney New Breed Art Competition. Even more reason to make sure you enter this year's competition. Read more here about what Elretha Britz from Volksblad, discovered.

Persoonlike inspirasie, groter aansien en versoeke vir werke is van die positiewe gevolge wat die eerste New Breed-kunskompetisie verlede jaar vir die wenners ingehou het.

Dié terugvoering behoort ook ander opkomende visuele kunstenaars aan te moedig om aan die tweede kompetisie deel te neem. Die sperdatum vir dié kompetisie, aangebied deur die Vrystaatse prokureursfirma Phatshoane Henney, is 10 September.

Carmen van Staden, wat R10 000 as wenner van die publiek se keuse ontvang het, is besonder ingenome met die verkope van haar werke en opdragte wat sy ná die kompetisie gekry het.

Dié honneursstudent in argitektuur aan die Universiteit van die Vrystaat is passievol oor kuns en glo sy sal dit saam met haar beroep volhou so lank sy kan. Die feit dat mense haar werke gekoop het, is vir haar ’n bevestiging dat sy op die regte pad is. Haar medium is outydse ink.

Toni Pretorius, wat as algehele wenner R50 000 ryker is, sê sy is dankbaar vir die blootstelling en die publisiteit. Sy werk nou aan porseleinbeelde vir twee groepuitstallings, [my]SELFop die Vrystaat Kunstefees, en ’n uitstalling in Gallery on Leviseur waaraan net vrouekunstenaars deelneem.

Twee kunslektore aan Motheo-kollege, Helena de Waal, wat die tweede prys van R20 000 ontvang het, en Sandy Little, ’n merietepryswenner, sê die studente kyk met nuwe oë na hulle. “Hulle het nou groter respek vir ons en die wete dat goeie werk beloon word, inspireer hulle.”

De Waal het boonop ’n versoek van die organiseerders van Innibos gekry om aan hul kunsvlytkompetisie deel te neem nadat hulle haar pragtige keramiektrourok gesien het. Sy het besluit om eerder ’n ballerinarok vir Innibos te skep omdat dit vir haar mooier as die trourok is.

Mothobi Mefane, ’n merietepryswenner van R10 000, sê hy voel so geïnspireer dat hy ook vir vanjaar se New Breed gaan inskryf. Hy werk tans aan ’n solo-uitstalling.

Kunstenaars wat vanjaar vir New Breed wil inskryf, moet minstens 18 jaar oud wees en minstens ses maande in die Vrystaat woon. Die term opkomend skakel net kunstenaars uit wat al ’n solo-uitstalling met meer as 20 werke gehou het. Enige medium buiten performance- en videokuns word aanvaar.

Sowat 60 werke sal gekeur en in die Oliewenhuis-kunsmuseum uitgestal word. Die wenners word hieruit aangewys.

Die prysgeld van R100 000 word verdeel in R50 000 vir die wenner, R20 00 vir die naaswenner en R10 000 elk vir twee merietepryse en die publiek se keuse.

Vanjaar se wenners sal ook die voorreg hê om in 2018 aan ’n uitstalling spesifiek vir die wenners deel te neem.

Belangrike datums vir vanjaar se New Breed-kompetisie:

* 4 tot 10 September: Dien inskrywings by Oliewenhuis in.

* 18 tot 22 September: Bekendmaking van die finalis-kunstenaars en gekeurde werke.

* 5 Oktober: Die uitstalling en die webwerf met gekeurde werke open by Oliewenhuis. Die publiek kry tot 6 November kans om vir hul keuse te stem.

* 9 November: Bekendmaking van die wenners.

* 19 November: Uitstalling sluit.

 

 

 

Related

  • Recent
  • Popular
  • Tag