News article
  >  News  >  Article

Netwerk24 and Volksblad: Finalists' works on show at New Breed exhibition
26 October 2016

Netwerk24 and Volksblad: Finalists' works on show at New Breed exhibition

Elretha Britz reports in Volksblad and on Netwerk24 that the New Breed Art Competition has done actually what it set out to do: which is to uncover emerging Free State. Read the full article here.

Die unieke New Breed-kunsuitstalling en -kompetisie waar werk van 41 Vrystaatse opkomende kunstenaars uitgestal word, is Donderdag op ’n geselligheid in die Oliewenhuis-kunsmuseum geopen.

New Breed is die inisiatief van die prokureursfirma Phatshoane Henney in Bloemfontein om ’n platform vir nuwe kunstalent te skep. Altesaam 216 werke is vir die kompetisie ingeskryf en be­oordelaars het 41 finaliswerke gekies wat tot 27 November in Oliewenhuis uitgestal word.

Dit sluit kunswerke in ’n groot verskeidenheid media soos porselein, tekeninge, fotografie, gemengde media, digitale tekeninge, installasiekuns en beeldhouwerk in.

Die beoordelaarspaneel het bestaan uit kunskenners van die Universiteit van die Vrystaat, Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat, die gemeenskap en gevestigde kunstenaars.

Ester le Roux, kurator van die Oliewenhuis-kunsmuseum, sê hulle het al voorheen korporatiewe uitstallings gehuisves, maar die kompetisie is ’n unieke en opwindende toevoeging tot die uitstalling.

Die wenners sal op ’n geselligheid op 17 November aangekondig word en die algehele wenner sal prysgeld van R50 000 ontvang.

Die totale prysgeld van die kompetisie is R100 000.

Die publiek kan ook deelneem deur te stem vir hul gunstelingwerk.

Sam Moleko, direkteur van Phatshoane Henney, sê die kompetisie het presies gedoen wat dit moes doen: om nuwe kunstalent in die Vrystaat te ontdek en blootstelling te gee. Hy sê dit is opwindend dat die kompetisie op sosiale platforms aandag trek en hy het mense aangemoedig om vir hul gunstelingwerk te stem en die kompetisie op sosiale media te deel.

Die finaliste van buite Bloemfontein is: Adam Truscott (Harrismith), Lana Combrinck en Lele Sentso (albei van Virginia), Miemie du Toit (Bultfontein), Darren Clarke (Welkom), Diedré van Straaten (Zastron), Motseokae Klas Thibeletsa, Moeketsi Phalatsane en Richard Bollers (al drie van Thaba Nchu), Teboho Mosala (Botshabelo) en Dienka Staal (Kroonstad).

Die Bloemfonteinse finaliste is: ­Kobus Lotz, Adéle Opperman, Adelheid von Maltitz, Amor Roelofse, ­Mandi-Anne Bezuidenhout, Baba ­Tjeko, Mandie Cronjé, Cari Niehaus, Mariëtte Pretorius, Carmen van Staden, Martie Bitzer, Cecilia van ­Vuuren, Mothobi Mefane, Dina Grobler, Petra Schutte, Helena de Waal, Jano Myburgh, Sandy Little, Johandi du Plessis, Johannes Botma, Thabo Raliile, Jonette Erwee, Toni Pretorius en Kara Schoeman.

“Dit gee ons groot vreugde om die uitstekende nuwe en opkomende ­kunstenaars in die Vrystaat se werke op hierdie wyse uit te stal,” het Magdel Louw, bemarkingsbestuurder en kompetisiekoördineerder van Phatshoane­ Henney, oor die eerste aanbieding van die kompetisie gesê.

“Mag dit werklik vir die provinsie se kunstenaars die geleentheid skep om ’n suksesvolle loopbaan in die kunste te begin.”

Die webwerf waarop die publiek vir hul gunstelingwerk kan stem, is www.phinc.co.za/art. Daar is ook ’n internetpunt in Oliewenhuis waar mense kan stem.

Related

  • Recent
  • Popular
  • Tag