News article
  >  News  >  Article

19 October 2016

Long wait for artists finally over

Following months of preparation and weeks of waiting to hear who the selected artists are whose works have been chosen for exhibition in Oliewenhuis Art Museum, and whose works are in line to be announced as winner on 17 November, these artworks are on show from 20 October to 27 November, writes Elretha Britz in Volksblad and Netwerk24.

Ná maande se voorbereiding van kunswerke en weke se uitsien na die aankondiging van die finaliste in die New Breed-kompetisie, breek die oomblik van waarheid eindelik aan.

Die prokureursfirma Phatshoane Henney het vanjaar die kompetisie vir opkomende visuele kunstenaars in die Vrystaat ingestel. Altesaam 41 werke het die keuring geslaag en word tot 27 November in die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein uitgestal. Die wenners wat hieruit gekies word, sal op 17 November aangekondig word.

Yolanda de Kock, opvoedkundige beampte by Oliewenhuis, sê die 41 werke, gekies uit 216, is waardige wenners van die uitdunronde aangesien die beoordelaarspaneel uit kundiges saamgestel is en die werk “blind” beoordeel is. “Die werke is genommer met nêrens ’n naam van die kunstenaars te sien nie,” het sy gesê.

Die paneel het bestaan uit kunskenners van die Universiteit van die Vrystaat, die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, die gemeenskap en gevestigde kuns­tenaars. Verskeie mediums is onder die finaliswerke, onder meer porseleinkuns, tekeninge, fotografie, gemengde media, digitale tekeninge en beeldhoustukke.

Naas die wenners wat deur die paneel beoordelaars aangewys word, kan die publiek ook vir hul gunstelingwerk stem. Dié werke, met ’n foto van die kunstenaar, asook van sy of haar vroeëre skeppings daarby, verskyn op die webwerf www.phinc.co.za/art.

Besoekers moet aanlyn stem en vir dié wat nie internetgeriewe het nie, is ’n internetpunt in Oliewenhuis aangebring.

Die wenner van dié eerste kompetisie vir Vrystaatse kuns­tenaars ontvang R50 000, die naaswenner R20 000 en twee merietewenners R10 000 elk. Die kunstenaar wat die publiek se gunstelingwerk geskep het, ontvang ook R10 000.

Oliewenhuis hanteer die artistieke deel van die kompetisie namens Phatshoane Henney. 

Related

  • Recent
  • Popular
  • Tag